Home Healthy Lifestyle Wellness Protocol

Wellness Protocol AFR

GESONDHEID PROTOKOL

 


Om gesond en gelukkig te wees is die diepste begeerte van elke mens wat op aarde leef.

 

Nie almal het hierdie voorreg nie. Die meeste mense ly aan een of meer simptome wat algemeen genoem word: siekte, en is ewig op soek na ‘n middel om hulle gesondheid te herstel. Medisyne en middels wat in die media bevorder word, word voorgeskryf deur Mediese Praktisyns en Aptekers, ‘n situasie wat finansieel groot voordele inhou vir die patenthouers (Farmaseutiese Maatskappye). Die doel is om die pasiënt so lank as moontlik aan die lewe te hou sodat hulle kan betaal vir die diens en medikasie ongeag die gehalte van lewe.

 

Spreek die OORSAAK van ALLE siektes aan en die simptome verdwyn. Hierdie siening word toenemend die doelwit van ‘n al groter vordende hoeveelheid Gesondheidspraktisyns. Navorsing bewys eenduidig dat ons gesondheid, ons fisiese welsyn, toe te skryf is aan:

 

Wat ons dink, eet, drink en doen


As ons liggaamstelsel en organe voorsien word met brandstof (energie) in ooreenstemming met hulle behoeftes, sal die organe in harmonie funksioneer en dit sal uitdrukking vind in gesondheid, welsyn en pynlose welstand.

 

Indien jy nie gesond voel nie, ongeag van siektesimptome of ouderdom, en jy het ‘n brandende begeerte om goed te voel en gesond te word en jy is bereid om enigiets binne redelike perke te doen om daar te kom – is jy reeds halfpad daar.

 

Al wat jy nodig het, is om te weet HOE


ALLE siektes is geneesbaar as die Immuunstelsel nie aangetas is nie, met ander woorde jou verdediging teen opportunistiese indringers soos parasiete, bakteria, swamme en virusse wat probeer om die liggaam te verslind en te vernietig.

 

As die liggaam te veel suur het (pH onder 7) groei en vermenigvuldig die virusse, parasiete, swamme en bakteria en begin terselfdertyd om gesonde selle te vernietig en jou geneties swakste orgaan of liggaamstelsel aan te val.

 

Die ineenstorting van die Immuunstelsel is die gevolg van ‘n toestand van wanbalans: te veel  slegte dinge (gifstowwe), te min van die goeie boustene in jou liggaam en denke.

 

Orgaanversaking kan in verskillende vorme gediagnoseer word:


  1. Die hart – kardiologiese siektes
  2. Die Lewer – Cirrhose van die lewer
  3. Milt – Wit- en rooi bloedselle
  4. Spysvertering – Konstipasie en kolon
  5. Pankreas – Bloedsuiker diabetes
  6. Spiere of gewrigte – Artritis
  7. Longe – Suurstoftekort
  8. Beenstruktuur – Osteoporose
  9. Senustelsel – Geheue, Parkinson Siekte
  10. Stamina – Chroniese moegheid

 

Hoe om balans te herstel


  1. Suiwer die denke van negatiewe emosies
  2. Suiwer die liggaam van skadelike elemente soos opgehoopte chemiese stowwe, lood, kwiksilwer, dwelms, ens.
  3. Begin om die disfunksionele immuunstelsel weer op te bou deur die liggaam te voorsien van die minerale, vitamines en amino-sure wat dit benodig.
  4. Verander jou leefstyl, want dit bepaal immers jou gesondheid en welsyn.

 

Wat om te doen


  1. Maak ‘n  Quantec-afspraak (die mees gevorderde medisyne in die wêreld), ervaar ‘n vrylating van emosies, en ontvang ‘n uitdruk (‘n staat van genesing) wat die velde van wanbalans in die liggaam aandui.
  2. Reël ‘n skoonmaak (detoksifikasie) van die liggaam (tuisbehandeling, doen dit self)
  3. Reël ‘n Kolema vir werklike siek persone (kanker, diabetes, lupis, ens.)
  4. Ses Dag Inwendige Skoonmaak Dieet
  5. Lewer Skoonmaak vir elkeen
  6. Alkaliese Pakket om die kanker te vernietig
  7. Dieet – 30 Dae vir Diabetes
  8. Aanvullings volgens liggaamsbehoeftes
  9. Monitering en beheer van pH

 

Verander jou denke


  1. Beleef ‘n Een Dag Gesonde Leefstyl aanbieding, of koop die video-opname (DVD-program) vir self/tuisstudie.
  2. Lees relevante boeke.
  3. Soek op Google relevante inligting vir jou toestand.
  4. Word gelei deur ‘n Gesondheidsgids om jou by die hand te neem op jou reis na gesondheid.
  5. Leef ‘n gesonde pyn- en dwelmvrye gehalte lewe van dankbaarheid, geluk en vreugde.
  6. Versterk jou gesondheidsbewussyn
  7. Skep ‘n biblioteek van gesondheidsverwante boeke, DVD’s en CD’s
  8. Lees die boeke, kyk na die DVD’s en luister na die CD’s
  9. Word bewus van wat goed is om te eet en te drink
  10. Word ook bewus van wat sleg is om te eet en te drink
  11. Deel jou nuutgevonde bewustheid en kennis met familie en vriende
  12. Pas hierdie kennis toe, leef dit
  13. Skep ‘n gesondheidskombuis met versapper, menger en koffie-maler
  14. Vul jou yskas met organiese groente en vars vrugte
  15. Sorg vir ‘n genoegsame voorraad van rou neute, byderhand vir peusel of kou
  16. Bou ‘n omvattende reeks van aanvullings, minerale en vitamines op
  17. Versamel ‘n verskeidenheid van resepte vir die voorbereiding van slaaie en smoothies
  18. Sorg vir ‘n voldoende voorraad van Himalaya Sout
  19. Brand jou Himalaya Sout Lampies!

 

Dink, praat en leef gesondheid. Kommunikeer met jou liggaam. Luister na en praat met jou liggaam. Pyn word verstaan in enige taal. Pyn is ‘n boodskap dat iets nie reg werk nie. Doen iets daaromtrent.

 

Welkom in ‘n nuwe wêreld!

 

 

 

Die Span van Health WakeUp Merger

Tel: 011 791 4008          Faks: 011 791 3833

Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Health Wake Up Webtuiste: www.healthwakeup.co.za

Quantec Webtuiste: www.quantec-africa.co.za

 

 

 

Dit is maklik

om in die skare

weg te kruip

Dit verg

MOED

om alleen te staan

 

 


 


 

 
VirtueMart Shopping Cart
Your Cart is currently empty.

Login